Bruidjie Bridal Boutique

Passing

pakkette

──── ♡ ────

Standaard

R199

30 minute • 3 gaste
  • Private, persoonlike passing behartig deur die eienaar
  • Pas maksimum 4 trourokke aan
  • Verfrissende gegeurde water vir die Bruid & haar gaste
  • Teken van die BRUIDJIE LEGACY rok indien jy JA sê vir jou trourok!
   NEEM KENNIS:
  • Geen kinders word toegelaat nie.
  • Hierdie bedrag is vooraf betaalbaar om die afspraak te bevestig.

Standaard Plus

R299

60 minute • 3 gaste
  • Private, persoonlike passing behartig deur die eienaar
  • Pas soveel trourokke aan soos die uur toelaat
  • Verfrissende gegeurde water vir die Bruid & haar gaste
  • Teken van die BRUIDJIE LEGACY rok indien jy JA sê vir jou trourok!
   NEEM KENNIS:
  • Geen kinders word toegelaat nie.
  • Hierdie bedrag is vooraf betaalbaar om die afspraak te bevestig.

Eksklusief

R499

60 minute • 3 gaste
  • Elegante sjampanje & spesiale soetbederf vir die Bruid en haar gaste
  • Private, persoonlike passing behartig deur die eienaar
  • Pas soveel trourokke aan soos die uur toelaat
  • Neem ‘n stukkie van jou Bruidjie-ervaring saam huistoe met ‘n spesiale Polaroid-foto
  • Teken van die BRUIDJIE LEGACY rok indien jy JA sê vir jou trourok!

NEEM KENNIS:

  • Geen kinders word toegelaat nie.
  • Hierdie bedrag is vooraf betaalbaar om die afspraak te bevestig.

Hoe kom ek voorbereid vir my passing?

FAQ

─── ♡ ───

Moet ek ‘n afspraak maak om rokke aan te pas?

Ja, ons is slegs beskikbaar op afspraak. Dis om te verseker elke bruid word die een-tot-een aandag toegewy wat hulle verdien! Jy kan jou afspraak HIER bespreek.

Waar is julle Bruidswinkel geleë?

Ons adres is:

14B Willowbrook Office Park, Van Hoof Street, Roodepoort, Gauteng

Hoeveel gaste mag ek saambring?

Ons laat die Bruid toe om 3 gaste saam te bring op die avontuur! 

Hoe kom ek voorbereid vir my passing?

Om te weet wat om te verwag, het ons vir jou 'n oulike samestelling gemaak HIER!

Hoe lank het julle nodig om 'n Bruidjie Eerstehands rok in my mates te bestel?

Ons werk op 'n tydperk van 4-5 maande, tensy anders ooreengekom. Dit sluit vervaardiging, invoer, customs en moontlike verstellings wat aan jou rok benodig mag word, in.

Verhuur julle trourokke?

Ons doen, ja! Ons tweedehandse rokke is beskikbaar om te huur van ons rak af. Met ons Bruidjie Eerstehands reeks, bied ons die opsie om die rok splinternuut vir jou te bestel, ook met die opsie om te huur of koop. 

Wat is die prysklas van julle trourokke?

Ons tweedehandse trourokke wissel van R8000 - R12 000.

Ons Bruidjie Eerstehands reeks, huur en koop, wissel van R10 000 - R17 900 om verskillende begrotings te akkommodeer. 

Koop julle tweedehandse trourokke aan?

Ongelukkig nie, nee. Loer na ons aanlyn adverteringsopsie deur Tweedehandse Bruidjie HIER

Kan ek my tweedehandse trourok wat ek elders gekoop het deur julle Bruidswinkel verkoop?

Ons neem ongelukkig nie trourokke tweedehands in wat elders gekoop is nie. Ons consignment opsie is Eksklusief beskikbaar vir ons Bruidjie Eerstehands rokke wat tweedehands terugkom! 

Bied julle trourokverstellings?

As jy jou rok tweedehands by ons koop, verwys ons jou na betroubare verskaffers wat aan jou rok kan verstel. 

As jy jou Bruidjie Eerstehands trourok deur ons huur of koop, bied ons 'n in-house Naaldwerkster wat verstellings kan maak indien nodig! 

Spesialiseer julle in Plus Size?

Alhoewel enige van ons Bruidjie Eerstehands trourokke bestel kan word in Plus Size, hou ons ongelukkig nie Plus Size voorraad aan om eers te kan aanpas nie. 

afAfrikaans