Bruidjie Bridal Boutique

Wat is

"Bruidjie"?

Bruidjie Bridal is meer as net ‘n bruidsboetiek – ons is ‘n One-Stop Bridal Shop wat daarop fokus om vir elke bruid ‘n unieke en onvergeetlike trourok-ervaring te gee.
 
Ons kombineer bekostigbare pryse met luukse trourokke van hoë gehalte, sodat elke bruid haar droomrok kan vind sonder om oor kwaliteit te bekommer.
 
Van die oomblik wat jy instap, is ons doel om vir jou ‘n ervaring te bied wat anders is as enige ander – ontspanne, spesiaal en gefokus op JOU!
 

──── ♡ ────

Bruidjie (eerstehands) se trourokke is eksklusief & uit-die-boks. Dit word dus op bestelling ingevoer volgens mates teen steeds bekostigbare pryse – met die opsie om te huur of koop! En om jou droomrok te kroon, is ons eksklusiewe Bruidjie bykomstighede beskikbaar om jou bruidsvoorkoms af te rond. 

Om alle begrotings te akkommodeer, is selektiewe Bruidjie rokke ook tweedehands beskikbaar, met die opsie om te huur of koop.

Hoe werk

die proses?

  • As ons een van ons Bruidjie Eerstehands rokke vir jou nuut invoer (Huur of Koop), word ‘n 50% betaling van die kwotasie word vereis om jou trourok se bestelling in proses te sit. Na suksesvolle ontvangs van die betaling, word jou eerste afspraak geskeduleer vir mates. 
  • Jou trourok word dan bestel volgens jou mates, en bestelling neem 4-5 maande om genoeg tyd vir ontwerp, vervoer en alterasie te verseker.
  • Alhoewel jou trourok volgens jou mates bestel word, is verstellings altyd nodig om die PERFEKTE pas te verseker! Alterasies word ekstra gekwoteer, en kan wissel van R500 – R1500 afhangende van die werk benodig.
  • In die geval waar jy ‘n tweedehandse rok van die rak af wil huur,  is die volle bedrag betaalbaar om jou trourok te bespreek vir jou datum. Alterasies word 4-6 weke voor jou troue geskeduleer.

LET ASSEBLIEF OOK:

  • Ongeveer 2 alterasie passings sal benodig word vir verstellings aan jou trourok. Hierdie afsprake is slegs beskikbaar Dinsdae – Vrydae volgens ons naaldwerk-afdeling se afspraak beskikbaarheid.

Jou egte

Yes to the dress

ervaring!

By Bruidjie Bridal is jou JA-oomblik vir ons net so spesiaal soos jou troudag!

Ons bied met trots ‘n YES TO THE DRESS ervaring in egte Bruidjie-styl!

Neem jou spesiale YES TO THE DRESS foto teen ons kenmerk-muur, en teken jou naam op ons spesiale BRUIDJIE LEGACY trourok – verewig in Bruidjie geskiedenis vasgevang.

Kom vir jou droomrok – bly vir die spesiale ervaring, kwaliteit en bekostigbare pryse.

Welkom by jou

Bruidjie-ervaring

xoxo

afAfrikaans